WYNAND
Pretoria, ZA      Other
    • Songs
    • Dis my Taal_Album "Gedagtes"
    • Bring Vir My Saam_Album "Gedag...
    • Waarom Daarom_Album "Gedagtes"
    • Ek Wil Jou Hoor (NID Temalied)...
    • Album Uittreksels: "Gedagtes"
    • Album Uittreksels: "Soektog"
    • Album Uittreksels: "Te Ladida"
    • Sterre wat fluister_Album Soektog
    • Waansin _Album Soektog
    • Liefde oor die Lug
    • Een kleur Bloed
Loading...
Loading...
Loading...
Status Posted a new song: "Een kleur Bloed" http://www.reverbnation.com/c./poni/6395346

Artist Info

Members: Wynand Burger - Lead Guitar/Vocals/ Keyboards
You can also find us at: Facebook_16x16 Bebo_16x16
Label: Southern Buzz
Managers: Mandie Wagner, Wisteria Business & Entertainment

Join the Mailing List

Join the Street Team
Privacy Policy

Bio

Wynand is 'n trots Afrikaanse musikant en kunstenaar wie sy eie liedjies skryf en toonset.

Met 20 jaar se ondervinding in die bedryf, kan Wynand enige skare op hul voete hou.

About

WYNAND

Met 20 jaar ondervinding in die musiek bedryf, twee suksesvolle albums en ‘n derde een wat sopas vrygestel is, kan hierdie veelsydige kunstenaar aanbeveel word om enige gehoor in die korporatiewe, privaat en publieke sektor te vermaak, te inspireer en te troos. 
 

Wynand, (voorheen bekend as Wynand Windpomp), tree op by meeste van die groot Musiek/Kunstefeeste regdeur die land en was ook vir jare lank die Organiseerder van een van die KKNK se mees suksesvolste verhoë, die Grootvoël Paradys. Aanhangers van Namibie kry ook gereeld die Kunstenaar te siene.  
 

Hy het ‘n groeiende repetorium van 350 snitte en dit kan verseker word dat die kwaliteit en optrede (vanaf Goue Oues tot Moderne Pop en Rock), nie sal teleurstel nie. 
 

Wynand is baie beroemd onder sy kollega’s en het al saam persona’s soos Dozi, Theuns Jordaan, en Steve Hofmeyr onder andere opgetree.  Hy was onlangs ook te siene by die SATMA Nominasie toekennings in Kaapstad. 
 

WAT Sê DIE MENSE? 
 

UITTREKSELS VAN RESENSIE DEUR DAANTJIE BADENHORST (WWW.DINAMIET.CO.ZA) 
 

“Wynand, wat voortaan net onder sy naam gaan sing, vertrel dat hy sy verhoognaam gekry het. Sy broer, Duar, het 'n eetplek op Brandvlei tussen Upington en Calvinia, waar hy vandaan kom, begin. Omdat reen maar skaars is, het Duar op die naam Die Windpomp besluit, en Wynand is ook gou daarmee geassosieer, om dat mense van Wynand van die Windpomp begin praat het. Die rede hoekom Wynand hierdie naam gekies het, was om enige verwarring met Wynand Strydom, wat ook terselfdetyd op die toneel verskyn het, uit te skakel. Sommige radiostasies het egter nie van Wynand se verhoognaam gehou nie, vandaar sy besluit om voortaan net onder sy naam te sing.  Wynand se derde CD word teen die einde van Junie 2009 vrygestel, en hopelik sal hy die erkenning kry wat hy nog altyd verdien het.” 

UITREKSELS VAN RESENSIE DEUR MARIANA MALAN (DIE BURGER) 
 

"Dis altyd 'n heerlike bonus as 'n album op jou lessenaar beland en jy heeltemal onverhoeds betrap word. Die verrassing is nog groter as jy meen dit is weer een van 'daardie' albums en jy heeltemal verkeerd bewys word. Wynand Windpomp se album is een van hierdie lekkertes. Daar is 'n goeie mengsel oorspronklike en reeds bekende liedjies op die album. Dit is egter die liedjies uit die hart, soos Brandvlei en veral Bring vir my saam wat werklik indruk maak. Wynand Windpomp bring 'n vars bries na die plaaslike musiekmark.” 
 

RUAN VAN WYNGAARDT – ON-SITE IT SOLUTIONS 
 

“Wynand perform absoluut vir sy gehoor en maak mens deel van sy optrede. Ek het werklik lanklaas so lekker gekuier. Met die vrystelling van “GEDAGTES” was dit ook die eerste maal wat ek Wynand se musiek hoor. “Waansin is beslis my gunsteling, dan “Dis my Taal” en natuurlik “Bring vir my saam” en om by te sê sal ek verseker meer van hom wil hoor”.

En om by te se, sal enige tyd weer sy shows bywoon! 
 

www.gideonvanzyl.co.za

“Ek hoop egter dat Wynand se bekendstelling van sy nuwe cd gisteraand sy loopbaan in ‘n nuwe wentelbaan sal plaas. Hy werk al lank en hard in die industrie, en wat hy doen werk vir my. Ek sal op ‘n stadium ‘n review van sy nuwe cd wil plaas, maar wil regtig eers graag goed na luister. Mandie Wagner het die hele ding gereël en laat ek julle maar mooi vertel – moenie dat haar jeug julle mislei nie – sy weet hoe hom dinge te reel. Selfs sekuriteitsmense was op hande indien dinge sou handuit ruk. Dus was daar geen dametjies wat hul klere van hul lywe afgeruk het en hulle by Wynand se voete gegooi het nie. Sy beskerm seker maar net haar belange ;). Wynand – goeie paartie, cool musiek – ek sien jou erens op ‘n verhoog. Jy en Mandie is nou nie vrygestel daarvan om darem weer saam te kom kuier op ‘n Woensdagaand by Liedjieboer nie, hoor”. 
 

Onder andere verwag ons ook getuigskrifte en nuwe resensies van Vonk Tydskrif, Vivette Tydskrif , Daantjie Dinamiet en ook Yolanda Barnard.


Loading...
Loading...
Loading...
Loading...
Loading...
Loading...
Loading...
Loading...
Loading...
Loading...
 

 
Advertisement728
 
 
 

Recommended

by WYNAND
 
 

Contests/Events

ReverbNationQuantcast
ReverbNationQuantcast
ReverbNationQuantcast
ReverbNationQuantcast