x

WYNAND WINDPOMP / About This Artist

Artist Details and Stats:

Hometown: Pretoria, GP, ZA

Label: Southern Buzz

Management: Southern Buzz

Website: www.facebook.com

Sounds Like: Steve Hofmeyr, Theuns Jordaan, Gerhard Steyn, D.OZi, Nicholis Louw

Genre: Other

#-
Other charts for Pretoria, GP, ZA
  • 1,022
    Total Fans
  • 4,218
    Profile Views
  • 1,393
    Widget Hits

Biography:

Wynand is 'n trotse Afrikaanse musikant en kunstenaar wie sy eie liedjies skryf en toonset asook van sy broer Duar Burger se gedigte is deur hom getoonset en speel nogsteeds op radio stasies regoor SA.

Met 20 jaar se ondervinding in die bedryf, kan Wynand enige skare op hul voete hou met 'n groot verskeidenheid bekende en oorspronlike liedjies.

Press:

“Gedagtes- Wynand Wynand Burger het twee albums onder die naam Wynand Windpomp opgeneem, maar sommige radiostasies het sy talent misken juis omdat hulle gedink het sy verhoognaam was belaglik. Nou het hy besluit om net onder sy naam te sing, en sy jongste album, Gedagtes, is pas vrygestel. Jy kom agter dat Wynand as’t ware ‘n kampvegter vir Afrikaans, en Dis my taal gaan juis oor sy liefde vir Afrkaans. Al hoe meer mense begin vir Afrikaans baklei, en dis reg so. Hierdie liedjie gaan ‘n groot treffer word. Ek wil jou hoor is die temalied van die Nasionale Dowe-instituut, en by die CD-bekendstelling het ‘n aantal dowe kinders gebare daarop gedoen. Hopelik sal dit ‘n treffer word! Wynand het met ‘n baie goeie CD vorendag gekom, maar daar is net een probleem: die moontlikheid bestaan dat hy met Wynand Strydom verwar gaan word. As hy dit kan oorkom, gaan hy eindelik die erkenning kry wat hy verdien.”
Daantjie Badenhorst - Daantjie Dinamiet

“Kollig: Wynand Windpomp (10 Maart 2005) deur Ilza Roggeband HY IS eintlik bly hy het nie sy B Comstudie voltooi nie, anders sou hy nooit besef het hoe belangrik musiek in sy lewe is nie. 'Wie kan in elk geval nou klaarmaak op universiteit as jy nog tussendeur musiek maak ook?' spot die 34-jarige Wynand Windpomp (eintlik Burger). Hy het voor hy skool toe is, 'n rukkie musiek geneem, maar erken hy is ''dislekties wanneer dit by note kom''. ''Ek kan glad nie musiek lees nie en speel heeltemal op gehoor,'' sê Wynand. Sy debuut-CD, Te Ladida, is verlede jaar uitgereik.”
Huisgenoot Tempo