x

sarina briedenhann / Bio

Sarina begin haar solo loopbaan in 1987 met haar optrede in die Nasionale TV Program "Debuut". Christa Steyn se Naby jou, Weskusstrande, Jy is kosbaar, Bosveldparadys, My lewe sal van dankbaarheid, Mense kind, Gloryland, Champions, Dit is my keuse, Jerusalem, As jy aan eendag glo, kan jy nog onthou, Trein na nerens, Huise van glas was liedtjies wat gehelp het met haar gewildheid. Sederdien het Sarina 10 Albums vrygestel en 2 verhoogstukke "Destiny" en die onlangse Passiespele Musical" aangebied.

2010 het sy as mede radio omroeper by ‘n Christelike Radiostasie vir ‘n jaar voltyds gehelp uitsaai en landwyd getoer en op uitnodiging 4 maande in Amerika gaan sing met haar engelse Gospel CD “Through the fire. Sy is weer deur hulle uitgenooi om vroue kampe en verskeidenheids gesinskonserte te kom aanbied.

2011 en 2013 skryf sy op versoek n Passiesspele musical” vir Dalpark NG gemeente. Sy behartig die redigering, klankbaanontwerp, kostuums en afrigting van akteurs en sangers.

52 van die gemeentelede het gehelp om n groot sukses van hierdie 3 aande te maak.. Sy neem haar nuutste ligte afrikaanse CD “Droomland Melodie” op, wat haar storie vertel die van die afgelope 14jaar. Met hierdie CD se musiek vat sy die luisterraar terug na waar sy in die musiekwereld begin het met Christa Steyn se "Naby jou", Jurie Els se "Weskusstrande" en haar eie liedtjies "Droomland Melodie" en "n Nuwe Wereld". Die Afrikaanse keurspel wat sy al vir jare op die verhoog sing en nog n paar ander verassings wat die luisteraars regop laat sit.

Sarina Briedenhann is veral gewild en bekend met haar Ligte- en Geestelike musiek wat sy aanbied in een program. Sy is ‘n kunstenaar met geen musikale beperkings in beide taal en genre nie. Haar smaakvolle keuse van musiek beklemtoon haar buigsaamheid as kunstenaar sonder om haar sterk Christelike geloof en waardes prys te gee of haar liefde vir haar moedertaal, Afrikaans. Haar stem is suiwer en haar aanbieding eerlik.

Sarina se 2013 was vol vroue oggend optredes (met haar "spieeltjie, spieeltjie program), ouetehuise tee's, eredienste en vroue en gesinskampe met sang en getuienis, voicetraining, maak van juwele en verskeidenheids konserte vir fondsinsameling.

Sarina het deur die jare ‘n huishoudelike naam geword wat gewild is onder oud en jonk. Sarina was, is en sal altyd een van Suid Afrika se geliefde divas wees.
besprekings: sarina.musiek@gmail.com

General Info

Band Members
sarina briedenhann
Artist Name
sarina briedenhann
Profile Page
https://www.reverbnation.com/sarina
Active Since
01/88
Genres
Other / gospel ligte afrikaanse musiek / afrikaans engels

Contact Info

Location
Pretoria, GP, ZA
Manager
gerrie du preez