View Lyrics: Eendag as ons groot is Modal close icon

Viewing lyrics for Eendag as ons groot is by Dewald Wasserfall.

Was ‘n hart te jonk om op 8 jaar oud
Die woorde te glo uit ‘n prinses se mond :
“Vir jou sal ek liefhê tot die dag van my dood”
Dit was waar vir ‘n rukkie, maar toe word ons groot

As ek kon kies sou ek dit oor wou hê
Ek sal jou my nooit laat uitoorlê
Jy weet hoe jonger ‘n hart, hoe groter die hoop
Jy’t verander hoe ek nou deur die lewe loop

Jy’t my belowe, my belowe, tot die dag van jou dood
Jy’t met jou woorde, met jou woorde, my altyd laat hoop
Dat as ons groot is
Eendag as ons groot is

Jy sal nooit weet, jy sal nooit weet hoeveel, en wat jy kon voel
Jy’t my vergeet, jy’t my vergeet, ek weet nou jy’t nooit bedoel
Dat as ons groot is
Eendag as ons groot is

Na alles oud, sal ek jou nooit blameer
Jy was te jonk om woorde te wou keer
Maar ek weet voor my siel daar was oorgenoeg tyd
Om te sê, jammer, jy wil ‘n belofte wegsmyt

Ek verlang na die tye wat lank verby is
Nou is ons groot, ek mis ‘n belofte wat lank reeds verby is

Was ‘n hart te jonk om op 8 jaar oud
Die woorde te glo uit ‘n prinses se mond

Close