x

You are using an outdated browser. Please upgrade your browser to improve your ReverbNation experience.

André van Wyngaardt / Bio

André van Wyngaardt is gebore die 19de Oktober 1981 in Klerksdorp - in die hospitaal oorkant die hoërskool (KHS) waar hy gematrikuleer het in 1999.

Met groot skok het sy ma Bessie en tannie Alda op hom afgekom waar hy as 10 maande oue baba "Stille Nag" geneurie het. Die musiek en liefde daarvoor was dus van sy baba-jare af in en deel van hom.

Soos die jare verbygegaan het, het André vasgehou aan die droom om 'n bekende sanger en - liedjieskrywer te word; 'n sanger en skrywer wie 'n verskil maak in ander se lewe deur sy musiek en die boodskap wat opgesluit lê daarin.

Vanwaar het die sangtalent sy oorsprong in hom? Die kort antwoord: aan vaderskant. Sy Pa-hulle was bekend as DIE VAN WYNGAARDT BROERS en het onder andere die langspeler plaat “Saggies En Teer” die lig laat sien in 1970. En die skryftalent? Hy glo dit is afkomstig van God deur sy moeder aangesien sy ma graag gedigte neergepen het.

Dit was ‘n jaar en ‘n half (van middel 2008 tot einde 2009) wat André deel van die voorsang was by die AGS Fonteine Gemeente op Delareyville, Noord-Wes.

Op 1 April 2012 het hy in die ateljee (Angel Music Studios in Ventersdorp) gestaan, besig om die eerste liedjie op te neem vir sy debuut CD. Dit het sewe en ‘n half maande geneem om sy debuut CD te voltooi en vandag kan hy met ‘n glimlag sê hy het vasgehou aan sy drome en hier is die eindresultaat van al sy gebede, harde werk en geloof. “Skadu’s van my hart” is die 3de Desember 2012 vrygestel. Hierdie spesiale CD, met 12 oorspronklike liedjies daarop, kan bestel word deur Pieter by nommer 083 712 9081 of per e-pos: andrevwmusiek@gmail.com

Sy liedjies bly ‘n herinnering, nie net aan die seer wat hy ervaar het nie, maar ook aan die mooi wat deel was/is van sy lewe – en daarvoor is hy eindeloos dankbaar.

Vir hom as skilder, sanger, liedjieskrywer, as méns, is die hoop om te inspireer deur dit wat ek doen en om ‘n bewys te wees daarvan dat mens bo jou seer en omstandighede kan uitstyg; dat elkeen die mag het om met God se genade ‘n verskil in die wêreld te maak. Mens moet net vasbyt al gaan dit hóé moeilik en vashou aan jou drome en God se hand.

'n Boodskap wat hy graag sal wil uitstuur vir die hele mensdom om te hoor, sal die volgende wees: "Niemand besit die reg om jou drome te steel nie. Laat jou Godgegewe talente leef, want elke talent is 'n geskenk van God en wat jy daarmee doen is jou geskenk aan Hom ..."

André het in Januarie van 2013 begin optree as sanger en het die verhoog al met groot name gedeel; o.a Jennifer Zamudio, Ray Dylan, Armand Hofmeyr, Elsabé Zietsman, Jody Wayne, Maritza, André Nel, Dewald Steyn, Karlien Husselman, Clive Bruce, Billy Forest, Cloete, Bobby Louw en Marli Fourie (Chrismarché).

Bespreek André van Wyngaardt vandag nog deur Pieter te kontak by nommer 083 712 9081 of deur vir hom 'n e-pos te stuur aan: andrevwmusiek@gmail.com

General Info

Band Members
André van Wyngaardt Solo Artist
Artist Name
André van Wyngaardt
Home Page
http://www.reverbnation.com/andrévanwyngaardt
Genres
Singer Songwriter / Afrikaans

Contact Info

Location
Johannesburg, GP, ZA
Manager
Pieter Henning