View Lyrics: Solitaire Modal close icon

Viewing lyrics for Solitaire by Jac Blanc.

Solitaire (Woorde & Musiek, Jac Blanc)

Wolke pak saam om my heen, ek weet ek't gebid vir re? en dis hoe jy my seen.
Ek vrees die dreigende donder weer, want ek is kaalgestroop; ek?s kaalvoet sonder hoop.
Sal ons die berge veilig oorsteek? Hulle weier om antwoord te gee, as hulle my hoor skree.
Vuurtoring flikker weer verkeerd.Ons is veilig deur die mis, maar iets voel so verkeerd.

Sal ons paaie ooit, ooit, ooit weer kruis?

Ek probeer die spikkels nou verbind, maar als is deurmekaar, ek?s deel van jou spookverhaal.
Jou buitelyne die silhoette, is al wat ek oorhet, dis al wat ek nodig het.
Ek?s so bang die kleur kom skielik deur en die trane wat jou verskeur, die trane van ons verlede.

Sal ons paaie ooit, ooit, ooit weer kruis?

Ek onthou die sinkplaat op die stofpad, die uitswaai voor jy indraai,
die samesyn in Solitaire, en hoop jy maak ook so.
Ek onthou die stilte van die sonsak, die knetter van ?n kampvuur,
sangria soos ons feesvuur oor die reuk van die eerste re?

Sal ons paaie ooit, ooit, ooit weer kruis?

Ek mis my tyd in solitaire; oop vlaktes en appeltert.
Dis al wat mens nodig het; dis al wat ek nodig het.

Close