View Lyrics: Glo (Die Onbekende) Modal close icon

Viewing lyrics for Glo (Die Onbekende) by Jac Blanc.

Glo
(Woorde & Musiek, Jac Blanc)

Sien jy my anders of sien jy my ook so?
Klou jy jou twee hande net vas omdat jy glo?

Jy glo in my. Jy glo in my en my drome.
Glo in my. Jy glo in my volkome.

Sien die dagbreuk more heeldag in skerwe nie so skerp.
In elke dag ‘n gedagte maar ook ‘n wonderwerk.
Ek vind bietjies vrede op ‘n kronkelpad gestrooi.
Ek bring stukkies huistoe en verf dit immer-rooi.

Want ek glo in jou. Ek glo in jou en jou drome.
Glo in jou. Ek glo in jou volkome.

Dou voor dag ontwaak jy weer my glimlag.
Breuk my donker deure met sonskyn af.
Net voor ek val vang jy my onverwags.

‘n Breukdeel van ‘n sekonde, bereken my hartklop.
Die see klink opgewonde, sy getye sal nooit stop

Want jy glo in my. Jy glo in my en my drome.
Glo in my. Jy glo in my volkome.

Dou voor dag ontwaak jy weer my glimlag.
Breuk my donker deure met sonskyn af.
Net voor ek val vang jy my onverwags. Want jy glo in my.

Ek sien jou nou anders, as sommer net so-so.
Ek klou nou my twee hande ook vas omdat ek glo.

Close